Saturday, January 15, 2011


Day 2: My finished belt!

It is now 1pm and very hot.

Ek skryf nou weer bietjie afrikaans, sorry to the English people out there!

Ek het vanoggend so 7am opgestaan en gaan stap in die dorp. Hier is die pragtigste ou huise maar baie is nogals vervalle. Wil gaan uitvind of die historiese raad nie iets kan doen om die mense te help om hul huise op te knap nie.....die ou pastorie is baie mooi en staan nogals vir my uit.

07:30am: ontbyt van hawermout.

Frik en Alida is twee ongelooflik interessante mense en ek het so lekker met hul gesels vanoggend. Frik lyk definitief nie soos 'n tipiese Afrikaanse 63 jarige "omie" nie, en ek voel gemaklik om hul al twee op die naam te noem. Dit is wonderlik om hul warmte te ervaar en hul geloof word geleef, na ontbyt het hul die gebruik om saam die Woord van God te lees en te bid. Ek het teruggedink aan my kinderdae toe my Pa dit ook gedoen het, en besef hoe bevoorreg mens is om saam onder een dak die Here te kan loof en prys, en Sy naam lewend te hou tussen mekaar! Hier is 'n rustigheid in mens wat net genade van Bo is, en terwyl mens werk met die leer, en leef met 'n bewustheid van daai genade vul 'n lig my hart.

Ek het die mooiste belt gemaak, hier is twee foto's. Terwyl ek werk wys Frik my allerhande moontlikhede met die leer en my idees word geprikkel. Ek kan nie wag om by die huis te kom en vir Rumbi (wat saam met my werk) te wys wat ek geleer het nie.

Vanaand eet ons calami steaks, en ek het saam met Alida dorp toe gegaan om die kos te koop.
Frik is ook 'n opgeleide kenner van kos, en hoe om jou liggaam gesond te eet. Dit is baie interessant om agter te kom hoe mens se liggaam seine uitstuur rakende sekere voedseltekorte. Sal nog 'n paar vrae vra en dan uitbrei hieroor.

My opdrag nou is om 'n paar handsakke te ontwerp en dan gaan ons een kies en later vanmiddag maak.
Al die vensters is toe en die gordyne ook om die hitte uit te hou.

Gaan nou eers verder teken en dan 'n bietjie skuinslĂȘ, gesels weer!

C

1 comment: