Thursday, January 20, 2011

Dag 7: Die reissak/travelbag is gebore

32 grade celcius, wat heel billik is teenoor die algemene temperatuur van 38 grade.....so daar is geen verskoning om nie hard te werk nie!

En vandag is daar gewerk - die clutch bag is klaar gemaak, en toe het ons met die reissak begin.


Kan ek net noem dat ek besig is om te leer by die beste "leer"meester in die land? Oom Frik het al in die weeshuis begin met leerwerk, omdat hul baie dinge self moes maak. Sy boek oor leer is ook die enigste in Suid-Afrika, en hy beoog om in Junie 'n kursus in die Kaap aan te bied. Ek sal dit natuurlik ten sterkste aanbeveel, selfs al is dit net 'n stokperdjie.

Die reissak is sover nog die sak met die meeste werk aan, en ek sien baie uit na die eindproduk.

Gebraaide snoek is vanaand op die spyskaart en na my lekker draffie is ek al lekker honger!




No comments:

Post a Comment