Saturday, January 15, 2011

Dag 2: my handsak!

Na 'n heerlike middag siesta, het ek en Alida te voet (in die hitte) gaan sjokolade koop. (Groot lus gehad!)
Daarna het Frik my vrye teuels gegee om my eie handsak te ontwerp en te begin maak, van die mooiste leer wat ek al gesien het. Mens kry dit blykbaar nie in winkels nie en 'n vriend van Frik looi die leer spesiaal vir hom.

Ek is so opgewonde om my ontwerper handsak te begin dra! Hier is 'n paar fotos. Ons gaan na ete voort met die spelery!

Ek droom van my eie winkel.........

Frik vertel so tussendeur van sy ervarings in die vloot en weermag, en dat hy al 3 keer geskiet is, maar dat hy met die genade van Bo nog leef. Hy het grootgeword in 'n weeshuis, en is daarom afhanklik van goeie prestasies gewees om na homself te kon kyk. Vandag kyk hy na al sy gawes en vele talente (op sportgebied, klavier en sang, en natuurlik die kreatiewe talente) en leef met 'n dankbaarheid omdat God hom as intstrument kan gebruik vir ander tot seën. Dit laat my baie dink.....wyse woorde. Om die lewe te leef, en te geniet, is 'n gawe.

Ons het saam gesit en vasgestel wie my teikenmark is, en om te fokus op daai marksegment.

Nou-nou tyd vir aandete, ek sien al klaar uit!



No comments:

Post a Comment