Friday, January 21, 2011

Dag 8: The travelbag is finished!

This morning we had an early start, and I didn't realise this would actualy be a workout for my arms and back! Handstitching is lots of work. Making holes in the leather with a mallet/hammer is also not for "sissies"! But it is fun, and I really can't wait to start in my own workshop with the tools that Oom Frik gave me. A big thing that I've learnt is the importance of having an organised work-space, where everyting has its place so you can find things easily.

Later this morning I walked with Alida to the Succulent-Farm (vetplant kwekery) the largest one in the Southern hemisphere. The kokerbome are really beautiful and something to see. (See the comical names for some of the species on the pictures!)

It actually rained today, which is unlikely for this time of the year, but lovely working conditions! I just finished the travel bag, which was the big one for this course, and I am proud to say that I have a blister on my finger!







 






Thursday, January 20, 2011

Dag 7: Die reissak/travelbag is gebore

32 grade celcius, wat heel billik is teenoor die algemene temperatuur van 38 grade.....so daar is geen verskoning om nie hard te werk nie!

En vandag is daar gewerk - die clutch bag is klaar gemaak, en toe het ons met die reissak begin.


Kan ek net noem dat ek besig is om te leer by die beste "leer"meester in die land? Oom Frik het al in die weeshuis begin met leerwerk, omdat hul baie dinge self moes maak. Sy boek oor leer is ook die enigste in Suid-Afrika, en hy beoog om in Junie 'n kursus in die Kaap aan te bied. Ek sal dit natuurlik ten sterkste aanbeveel, selfs al is dit net 'n stokperdjie.

Die reissak is sover nog die sak met die meeste werk aan, en ek sien baie uit na die eindproduk.

Gebraaide snoek is vanaand op die spyskaart en na my lekker draffie is ek al lekker honger!




Wednesday, January 19, 2011

'n Clutch - bag is gebore uit die rooiwyn glas van Namaqua




'n Modieuse sakkie wat 'n dame onder haar arm vasklamp word 'n clutch bag genoem, vir die manne wat dalk ook lees. Hierdie ene is gestik saam met 'n glas Namaqua Merlot, die wynkelder van Vredendal. Dit is 'n heerlike wyn teen 'n baie billike prys van in die R20, so dis nie 'n slegte idee om 'n draai daar te maak in blommetyd nie, en ook sommer 'n draai by oom Frik se leerwerkswinkel te maak nie! Ek weet nie, dalk help die wyn teen die muskiete wat baie van my soet bloed hou.........het vandag weer 'n nuwe soetding probeer, 'n skuinskoek, wat die buurvrou bak, vir my proe dit soos 'n kruising van 'n doughnut en 'n koeksister. Baie lekker!

Ek het natuurlik weer vanaand soos 'n prinses gesmul aan oom Frik se heerlike kos. Hier is foto's van hom en Alida alte tuis in hul kombuis. Mens kan sien op die foto dat hierdie die kombuis van 'n "leathersmith" is - sy werkswinkel is net so netjies georganiseer soos die kombuisrakke, en hy werk ook nie met stomp mense in die kombuis nie! Hy maak ook self al sy gereedskap, en toe ek hom vra om 'n pienk stelletjie vir vrouens te ontwerp, lag hy net en ek dink nie dit gaan gebeur nie...!

Op die spyskaart was 'n spinasie-tert, en mossels in 'n witwynsous met rys. Ek gaan verseker hierdie geregte maak as ek weer in my eie huisie is.

Ek is so dankbaar vir hierdie geleentheid om twee sulke wyse, interessante mense te kan leer ken, en baie baie dankie Pa en Ma vir die geleentheid om hierdie kursus te kan loop - ek raak al hoe liewer vir handsakke en leer en sien regtig uit na hierdie jaar en al die nuwe skeppings en geleenthede!

Dag 6

Vanoggend so klein bietjie later geslaap en toe weer aan die werk gespring met Pantaloon bag.

Het iemand al wortelsap met appel en gemmer gedrink? Wonderlike energie-booster!




Ek het nou aangesluit by die Cape Craft and Design Institute, op oom Frik se aanbeveling. Ek sien so uit daarna om my workshop in te rig!

Die nuwe tegniek wat ek geleer het op hierdie sak is die piping aan die bodem van die sak.

Check weer later in vir nog updates!

xc

Tuesday, January 18, 2011

Day 5: Making of the Pantaloon

36 degrees celcius in Vanrhynsdorp.

After a visit to Vredendal this morning, we started with a brand new bag. I couldn't believe that I could fall in love so quickly with a new one, but this one is something else!

We call it, the Pantaloon

 


Dinner time! (-: